Kyk, as daar nou een persoon is wat die kuns vervolmaak het om 'n oordentlike temper tantrum te gooi, dan is dit nou die uwe. Raak ek ontevrede oor 'n ding, dan stamp ek voete en raas en baklei in egte enigste-kind-sindroom styl. En dan, soos 'n dief in die nag, kom sluip 'n ou gesegde van "Lee blikke maak die meeste geraas" op my af en ek wonder of dit geskryf is met my in gedagte.
Op Carte Blanch Sondag aand gesels Bongani met Ntabiseng ... 'n briljante student maar 'n vigs wesie van skaars 10 jaar oud wat na haar jonger suster ook moet omsien. Toe Bongani vir haar vra "wat kan ons doen om jou te help, wat het jy nodig", se sy in haar oumens-wysheid van te veel gesien, te veel ervaar maar steeds met die drome van 'n kind in haar oe ... "Iemand om na ons om te sien ... iemand om ons lief te he." En ek dink by myself ... Ja, Anne-Mare, waaroor het jy nou weer vanoggend geraas ... oor iemand wat te veel omgee? En ek laat sak my kop in skaamte.
Hiervandaan loop ek met daardie Ntabiseng-meisiekind in my hart en ek is dankbaar, vir elke teregwysing, vir elke raas en baklei, vir alles wat ek as vanselfsprekend aanneem, vir die klein dingetjies wat gedoen word sonder dat ek dit raaksien, vir die onvoorwaardelike liefde van my gesin, my familie en my vriende.
Bewaar my Here, om nie net 'n lee blik te wees nie ...
'n Kletsplek, 'n geselshoekie, 'n lekker gesellige kuierplek ... ons eie plekkie om kontak te hou en mekaar weer beter te leer ken. Kom lug 'n opinie, kom wees nuuskierig of kom loer sommer net in ... Nuwe lede is welkom, solank jy deel van ons klas was op een of ander stadium van jou hoërskool loopbaan. Kontak enige van ons per e-mail (sien profiles onderaan) ons hoor graag van julle!
Friday, September 19, 2008
Subscribe to:
Posts (Atom)