'n Kletsplek, 'n geselshoekie, 'n lekker gesellige kuierplek ... ons eie plekkie om kontak te hou en mekaar weer beter te leer ken. Kom lug 'n opinie, kom wees nuuskierig of kom loer sommer net in ... Nuwe lede is welkom, solank jy deel van ons klas was op een of ander stadium van jou hoërskool loopbaan. Kontak enige van ons per e-mail (sien profiles onderaan) ons hoor graag van julle!

Tuesday, March 25, 2008

Gits ja ...

So val jy toe nou met die spreekwoordelike deur in die kaija ... en wyl sommiges nog van van die grond opstaan en van skok herstel, is daar moontlik ander wat wonder hoe om hierdie kontroversiele inligting te verwerk of aan te spreek of in geheel te ignoreer :-)

As ek nou nie van beter geweet het nie, kon ek sweer dat jy in egte Steve-se-Spoegblok-styl hierdie nuus breek. Toegegee, jy doen dit darem in heelwat meer styl en minder gekruide taal :-)

Die van julle wat nou Morne se post oorleef het, kan nou verder gesels okay!

Monday, March 24, 2008

deel gerus

Hallo.
Wel na Anna se geneul en my moed, het ek toe woord by daat gesit en julle gejoin. Ek het gou al die vorige boodskappe gelees en herder, van die goed kan ek nie eens onthou nie, maar nou ja.....
Net vinnege agtergrond aangesein ek 99% van julle nog weer gesien het nie; aangesien my goeie doel om die 20jr te maak deur die mat geval het. Verbeel jou, vlieg op Jhg toe, huur n motor, ry eers Thabazimbi toe om vir my sus te gaan kuier en word daar so siek soos n hond en so mis ek al die pret, maar glo my, oor 5jaar gaan julle nie weer so gelukkig daarvan af kom nie. So hier kom dit, hopelik verveel ek julle nie!
Was soos al die manne in die weermag, waar ek in totaliteit besef het dat ek inderdaad Homo is! Shit, reken dat ek dit vir my ma-hulle moes vertel en ook te besef dat dit nie net n fase is nie! En julle mag maar lag, soos ek vandag doen , maar glo my, dit was nie toe n grap nie. So vir die wat aanstoot neem, kom aan, kry n lewe! Ek is gelukkig in myself, die belangrikste!
Het in 1990 by ABSA begin werk,; dit het net 18 maande gehou, ek sou mal raak met al daai admin em my kreatiwiteit het daar onder gelei. Het "92 begin Hare swot, drie jaar later my papiere met lof gekry. Hou julle kop hier kom nuus; in 92 het ek begin leer vir n pastoor by Rhema Bybelskool, maar soos julle kan dink is dit n storie op sy eie!!
Die volgende paar jaar in Klerksdorp vir n salon gewerk. Einde 97 my eie plek begin en Feb2001 my salon verkoop; na my eerste mislukte verhouding, ons was twee jaar saam, het ek weskus toe getrek; Vredenburg. Jacgues/Jorrie (soos ek sien) jy sal julle ou huis nie herken nie.) Was daar tot Maart 2004 en toe die tog oorsee aangepak. In London geeindig, besluit om Cruise Liners my nuwe tuiste te maak en op die legendariese Queen Elizabeth2 my talente uit te oefen. Wat n ongelooflike ervaring om op die mees beroemste en luukse skip van haar tyd te werk. Ek het die voorreg om om die wereld te vaar, my voete aan meer as 40 lande aan wal te sit; n droom bewaarheid. Ja ouens, die half ongewilde skoolmaat het se ding gedoen!
Terug in SA het ek toe n salon in Somerset wes oopgemaak in is nog steeds hier, baie gelukkig en single!Is al amper n jaar single, my ex, n internis en pethadine verslaafde, is nog in rehab. (en julle dink julle het pret beleef!) So as julle n goeie gay pel het om voor testel, moenie dat ek julle keer nie!GRAPPIE!
So vir die wat nie te geskok is nie en wil kontak maak, doen gerus...
Ek en Anna sal maar die Kaap aan die gang hou!
Mooi bly, n geseende Paasfees( ja ek weet ek is laat)
Groete Morne

Friday, March 14, 2008

Nee hoor!

Hier dog ek toe ek gaan 'n slag mislik wees en stilstuipe kry en toe mis ek wraggies al die aksie! Ook maar goed hierdie is nie stasie nie, dan het ek nou duidelik die trein verpas :-) En nee Jacques, dit het absoluut niks met die verskil in Gautengeleng tyd en Slaapstad tyd uit te waaie nie ... hier by die see is ons ook soms haastig, al is dit dan nou haastig oppad om in Kampsbaai of in Franschoek te gaan uithang :-)

Nadat ek nou hierdie video grepies beloer het is ek nogal erg bekommerd ... dit wil my voorkom of daar so 'n effense lugleegte in my opvoeding was. Wanneer het hierdie opvoerings gebeur? Hmmm ... Dit kan nou natuurlik te wyte wees aan my assosiasies daardie tyd en die feit dat my groep op heel ander dinge gefokus was .... Hier sit ek vandag tande en slyp vir elke opvoering en teaterstuk wat verbykom en ek verstaan nou hoekom ... dis al die jare van onthouding wat my nou in 'n addict verander het.

Nou ja, ek weet nou dat daar wel lewe op hierdie planeet is (ons blog getuig daarvan) ... so gaan in vrede aardbewoners .... en moenie jaloers wees omdat die stemme net met my praat nie :-)

Wednesday, March 12, 2008

Die rokers

Reg, hier is so 5 klein gedeeltetjies van die video. Dit is die laagste verpakkingsratio wat ek kon kry, maar die leers is steeds redelik groot.

Die kwaliteit is nie baie goed nie want dit is nog met baie ou tegnologie afgeneem en toe oorgesit van 'n VHS band na DVD en van daar na hierdie weergawe. Maar julle sal kan sien en hoor!

Geniet


Rokers 1 - Ockie, Jacques, Petrus (2.8meg, 16sek)

Rokers 2- Herman, Ockie, Jacques (2.5meg 14sek)


Rokers 3 - Emsia, Adri, Jacques, Petrus (2meg, 11 sek)

Rokers 4 - Petrus, Adri, Emsia, Jacques, Dries (2.8meg, 16sek)

Rokers 5 - Adri, Petrus (1.7meg, 10sek)

Intelligent???

Ek weet darem nie so lekker nie, ek dink dit moet eers bewys word. Ek is bly daar is darem twee wat lewe daar buite en Karen jy moet maar lig loop, as ek my nie misgis nie dan is jy in die nabye toekoms aan huis by ons en Frikkie en Patat ( Jack Russels ) sal nogal die geselskap geniet daaaar buite!! Jorrie ek vermoed die mense het net die oorweldigende talent raakgesien en uit vreugde begin lag en ek wou darem nie vir jou en Ockie oorskadu nie. Ek dink in elkgeval ons het net so baie gepraat, dit is net die ander mense wat nie kon byhou nie, dit is dalk die rede hoekom ons so gereëld in die moeilikheid was. Hulle het ons net doodeenvoudig nie verstaan nie! Ek moet daai Rokers weer sien want ek kan omtrent niks daarvan onthou nie.
Cheers julle! The Only Intelligent Life Out There!!!

Ek wonder

of ons op skool ook so min gepraat het. Ek het 3 weke laas op die blog keyk en daar het net drie boodskappe bygekom. Ons gee nuwe betekenis aan innoverende dinamika. Maar miskien het ons so min gepraat, of dalk eerder net stadig. Dit wasnogal opvallend vir my met die 10 jaar reunie (en ek wil niemand aanstoot gee nie) dat sekere van my vriende so stadig gepraat het. Ek het eers gedink hulle is getrek toe kom ek later agter ma al die local Katoeters praat so stadig.

En toe ek nou die dag daai Rokers dvd kyk toe sien ek maar ek het ook so stadig gepraat. Wys net vir jou wat 'n plek aan jou kan doen. Of dit nou Kathu is waar daar baie tyd is en min dinge wat gebeur - so jy kan bekostig om stadig te praat. En of dit nou Gauteng se rat race is waar jy alles teen dubbelspoed moet doen en se om deur die dag te kan kom.

Herman ek weet nie wat dit is wat jy gehad het op skool nie (en come to think of it, nog steeds) maar toe jy op daai verhoog stap het die hele saal uirgebars vsan die lag voor jy nog 'n woord gese het. En dit kon nie wees oor jou kort broek nie want my en Ockie sin was net so kort.

As ek net iewers die tyd kan kry sal ek daai dvd laat oorsit op iets wat klien genoeg is om hier te wys en dan kan die hele wereld ook lag vir Herman, en natuurlik oo en aa oor ons ander bekwame akteurs in die storie.

Monday, March 10, 2008

White Hole

Herman van Zyl jy moet laat ek jammer wees ek het jou uitgetrap. Dis so tipies van jou. Kom laat by die party aan en raas verskriklik baie. En jy het nie gedink ek weet wat is die teenoorgestelde van 'n Black hole nie, nê?

My gunsteling Grafiti op skool was hierdie een wat gevra het: "Is there intelligent life on earth?" met 'n antwoord onder wat sê: "I don't know. I'm just visiting." Ek voel die afgelope week of wat of ek my kan vereenselwig met daai een. Of miskien dalk: "Stop the world. I want to get off."

Ek onthou daai tik juffrou. Sy het so 'n klokkie gehad wat sy gelui het en dan het sy gesê: Meisssiesss. Vriessss. Met haar S soos die een in die All Gold advertensie. Ek het altyd gewonder wanneer gaan haar valstande uitval.

En ou Tubby. Ek het hom nogal gelaaik (miskien oor hy my nooit pakslae gegee het nie). Hy het eendag vir my iets gesê en na ek hom geantwoord het, het hy vir my gesê: Ek het nog altyd gedink daar is iets fout met jou, nou het ek simpatie met jou ouers. Maar my Ma is darem nog lief vir my.

Monday, March 3, 2008

"Black Hole"

Anne-Marie, dit lyk vir my daar is niemand daar buite nie, of die mense ly dalk aan "internet-lessness" want nie eers daai Karen vrou stuur iets nie om nie eers van Jorrie te praat nie.

Dan is dit nou maar eers totsiens, praat weer later.