'n Kletsplek, 'n geselshoekie, 'n lekker gesellige kuierplek ... ons eie plekkie om kontak te hou en mekaar weer beter te leer ken. Kom lug 'n opinie, kom wees nuuskierig of kom loer sommer net in ... Nuwe lede is welkom, solank jy deel van ons klas was op een of ander stadium van jou hoërskool loopbaan. Kontak enige van ons per e-mail (sien profiles onderaan) ons hoor graag van julle!

Thursday, December 11, 2008

Nog 'n gebed ...

Siende dat die mooi wense aan die orde van die dag is, is my gebed vir elkeen van julle genade, vrede en liefde in oorvloed.

Mag die Vors van Vrede, die Man van Raad, die Koning van Sterkte, die God van Mag, die Vader wat Ewig is (Jes. 9), vir julle 'n werlklikheid wees en mag julle as families en gesinne LEEF IN DIE HOOP, wat Hy gee.

Groete en mag die jaar wat voorlê - net so ryklik gesend wees.

Ockie, Sanette, Ockert, Duter en Jhonder

Wednesday, December 10, 2008

Hierdie jaar het met my voortgestorm tot hier aan die einde, want julle weet in die konstruksie bedryf is 15 Desember amptelik die einde van die jaar en hierdie jaar eindig dit by 12 Desember vir my.

Ek het gedink dat ek gou hier sal inpop om vir almal te sê: 'n Baie Geseënde Kersfees vir elkeen van julle en julle gesinne. Mag julle die werklikheid van God se liefde erveer hierdie Kersgety.

So die 3 van julle wat darem so af en toe hier inpop, dis einlik met julle wat ek praat. ;-)

Ek hoop om Kersfees iewers langs die wit strande en turkoois blou water van Mosambiek deur te bring in die een of ander hittegloed waarskynlik, maar ek glo dit sal nogtans geseënd wees. Julle moet 'n heerlike rustyd hê vir die wat bietjie gaan rus en vir die wat nie so gelukkig is nie, mag julle nogtans 'n rustige feestyd hê.

Liefde

Thursday, December 4, 2008

Lekker rus

Dagse

Vir oulaas net 'n gedagte. Julle moet almal lekker rus, veilig reis en in eenstuk terugkom vir die nuwe jaar.

Groete