'n Kletsplek, 'n geselshoekie, 'n lekker gesellige kuierplek ... ons eie plekkie om kontak te hou en mekaar weer beter te leer ken. Kom lug 'n opinie, kom wees nuuskierig of kom loer sommer net in ... Nuwe lede is welkom, solank jy deel van ons klas was op een of ander stadium van jou hoërskool loopbaan. Kontak enige van ons per e-mail (sien profiles onderaan) ons hoor graag van julle!

Monday, March 10, 2008

White Hole

Herman van Zyl jy moet laat ek jammer wees ek het jou uitgetrap. Dis so tipies van jou. Kom laat by die party aan en raas verskriklik baie. En jy het nie gedink ek weet wat is die teenoorgestelde van 'n Black hole nie, nê?

My gunsteling Grafiti op skool was hierdie een wat gevra het: "Is there intelligent life on earth?" met 'n antwoord onder wat sê: "I don't know. I'm just visiting." Ek voel die afgelope week of wat of ek my kan vereenselwig met daai een. Of miskien dalk: "Stop the world. I want to get off."

Ek onthou daai tik juffrou. Sy het so 'n klokkie gehad wat sy gelui het en dan het sy gesê: Meisssiesss. Vriessss. Met haar S soos die een in die All Gold advertensie. Ek het altyd gewonder wanneer gaan haar valstande uitval.

En ou Tubby. Ek het hom nogal gelaaik (miskien oor hy my nooit pakslae gegee het nie). Hy het eendag vir my iets gesê en na ek hom geantwoord het, het hy vir my gesê: Ek het nog altyd gedink daar is iets fout met jou, nou het ek simpatie met jou ouers. Maar my Ma is darem nog lief vir my.

No comments: