'n Kletsplek, 'n geselshoekie, 'n lekker gesellige kuierplek ... ons eie plekkie om kontak te hou en mekaar weer beter te leer ken. Kom lug 'n opinie, kom wees nuuskierig of kom loer sommer net in ... Nuwe lede is welkom, solank jy deel van ons klas was op een of ander stadium van jou hoërskool loopbaan. Kontak enige van ons per e-mail (sien profiles onderaan) ons hoor graag van julle!
Sunday, July 27, 2008
HALLO ALMAL
Hoe gaan dit met julle almal nog. Hier in die Kalahari gaan dit voor die wind. Nog steeds nie getroud nie terwyl party al meer as 1 keer getroud was. Ek werk al die afgelope 9 jaar by Kumba Iron Ore en was voorheen 'n Kaptein in die SAPD. As daar iemand is wat my wil kontak my adres is gerald.harrison@kioltd.com. Ek is tans met my 2 de graad besig by Unisa deur die pos en het ook 2 dipomas deur Technikon SA gedoen. Ek hou my maar self besig met studies en hoop om voor ek oor 24 jaar aftree klaar geleer te wees. Ek kan nie wag vir die volgende reunie nie en hoop daar is hierdie keer meer ou gesigte daar. Nie oud soos in ouderdom nie maar wat ek lanklaas gesien het. Lekker dag en jaar vorentoe vir almal en groete van huis tot huis. En o ja dankie Annemarie vir al jou moeites tot dusver met die vorige reunies. Ek waardeer dit.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment