Oci ek sal definitief 'n draai kom gooi, ek meen as ek vir 'n dag gou Hoedspruit toe kan ry van Pretoria af dan is Delmas 'n vulletjie!
Ek het lanklaas die blog gelees en dit lyk vir my julle was redelik bedrywig, alhoewel daar nou ietwat van 'n droogte blyk te wees. Ek en Karen het nou weer "ge-upgrade" en ons Skype nou mekaar. Is dit nou vir jou pret, veral as jy 'n webkamera het dan kan jy mekaar nog sien ook.
So ek daag al die lidde uit wat wil sien hoe almal lyk om dit te probeer dan kan ons sommer in "real time" met mekaar chat. Kom Jorrie ek weet jy sal val vir die een. Die feit dat jy sommer met mekaar praat en nog die ander persoon sien ook maak mens maar vrek lui om te tik, dit blyk my dan die oplossinng vir Anne-Marie te wees as sy so moeg is om e-posse te stuur.
Reg nou moet ek eers weer werk, genoeg geklets met julle.
Cheers Herman
'n Kletsplek, 'n geselshoekie, 'n lekker gesellige kuierplek ... ons eie plekkie om kontak te hou en mekaar weer beter te leer ken. Kom lug 'n opinie, kom wees nuuskierig of kom loer sommer net in ... Nuwe lede is welkom, solank jy deel van ons klas was op een of ander stadium van jou hoërskool loopbaan. Kontak enige van ons per e-mail (sien profiles onderaan) ons hoor graag van julle!
Wednesday, July 16, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment