Ek weet nou hoekom die juffrou altyd voor die eksamen voor in die klas gestaan het en gesê het julle moet die vraag twee keer lees voor julle antwoord. Maar julle vra net vra en antwoord niks. So nou sal ek maar antwoord.
Ek dink nou al van gister af aan Ockie se vraag: Is daar lewe voor die dood? (Die een oor na die dood is nou ewe skielik maklik om te antwoord). Ek luister onlangs na 'n gesprek op radio en die persoon sê: I am trying very hard to find the balance between living in this world, but not be of this world. So ek dink nie die antwoord op hierdie vraag kan wêrelds wees nie.
Dawid sê in Psalm 6: "Iemand wat dood is, kan tog nie u Naam bely nie. Kan iemand in die doderyk U prys?" 70 000 mense of Loftus! Daar moet lewe wees.
'n Kletsplek, 'n geselshoekie, 'n lekker gesellige kuierplek ... ons eie plekkie om kontak te hou en mekaar weer beter te leer ken. Kom lug 'n opinie, kom wees nuuskierig of kom loer sommer net in ... Nuwe lede is welkom, solank jy deel van ons klas was op een of ander stadium van jou hoërskool loopbaan. Kontak enige van ons per e-mail (sien profiles onderaan) ons hoor graag van julle!
Tuesday, July 22, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment