'n Kletsplek, 'n geselshoekie, 'n lekker gesellige kuierplek ... ons eie plekkie om kontak te hou en mekaar weer beter te leer ken. Kom lug 'n opinie, kom wees nuuskierig of kom loer sommer net in ... Nuwe lede is welkom, solank jy deel van ons klas was op een of ander stadium van jou hoërskool loopbaan. Kontak enige van ons per e-mail (sien profiles onderaan) ons hoor graag van julle!

Monday, April 14, 2008

Byname

Genade Dewald, wat is 'n vonkposadres? Ek het nie sulke goed nie, maar my email is:driesvanderwalt@gmail.com. Ek het my bynaam vanaf standard 2 saam met my gesleep. Ek was nuut op Kathu en ons het rugby geoefen. Mnr van Rooyen (Kwaai mnr Van Rooyen) laat my slot speel. Ek kry nie is bal in die lynstane bemeester nie en hy skree: "Jou Eierkop". Dit het later na Eier verander, maar moes daarmee saam leef tot Matriek. My grootste oorweging waar ek wou gaan studeer was dat niemand my moes ken nie en niemand van die skool moes daar studeer nie. Ek het toe ingenieurswese by PUK Vaaldriekhoek kampus gaan studeer.

No comments: