'n Kletsplek, 'n geselshoekie, 'n lekker gesellige kuierplek ... ons eie plekkie om kontak te hou en mekaar weer beter te leer ken. Kom lug 'n opinie, kom wees nuuskierig of kom loer sommer net in ... Nuwe lede is welkom, solank jy deel van ons klas was op een of ander stadium van jou hoërskool loopbaan. Kontak enige van ons per e-mail (sien profiles onderaan) ons hoor graag van julle!

Sunday, April 20, 2008

Kai ...

... nou dat jy dit noem, onthou ek daai naam :-) Ek ken daardie sentimentele /nostalgiese gevoel waarvan jy praat Karen ... snaaks hoe klein dingetjies soveel kan saakmaak ... soos wanneer my ma my "meisiekind" noem ...

Ek was so opgewonde oor daardie lekker nuwe woord van Dewald dat ek amper heeltemal vergeet het om hom welkom te heet :-) Ek's bly jy is uiteindelik hier my vriend! Nou kan jy ons ander tegnologies gestremdes presies vertel wat 'n vonkposadres is ... asseblief ...

No comments: