'n Kletsplek, 'n geselshoekie, 'n lekker gesellige kuierplek ... ons eie plekkie om kontak te hou en mekaar weer beter te leer ken. Kom lug 'n opinie, kom wees nuuskierig of kom loer sommer net in ... Nuwe lede is welkom, solank jy deel van ons klas was op een of ander stadium van jou hoërskool loopbaan. Kontak enige van ons per e-mail (sien profiles onderaan) ons hoor graag van julle!

Sunday, April 6, 2008

Roker DVD

Lank het ek nie gedink dat die video soveel waarde nou sal he nie. My pa het 'n videokamera gekoop (iets heeltemal nuuts vir daardie tyd) en hy het die toneelstuk opgeneem om die kamera te leer ken. Ek het nog 'n mikrofoon geleen en dit teen die verhoog vasgemaak. Hy het ook van ons rugby wedstryde afgeneem, trompoppies, ens. Ek het met die prys uitdeling in ons matriek jaar 'n video gemaak van die sport aktiwiteite wat die skool gebied het. Emsia het die kommentaar gelewer. My ma het die video's so drie jaar gelede vir my gegee en dit was groot pret om daarna te kyk. Ek het dit vir Emsia gestuur, wat die video's oorgesit het op dvd.

Ek is tans op Ellisras (Lephalale) en hou my met konsultasie en eiendom ontwikkeling besig. Gelukkig het ek my bynaam Eier afgeskud.

No comments: