'n Kletsplek, 'n geselshoekie, 'n lekker gesellige kuierplek ... ons eie plekkie om kontak te hou en mekaar weer beter te leer ken. Kom lug 'n opinie, kom wees nuuskierig of kom loer sommer net in ... Nuwe lede is welkom, solank jy deel van ons klas was op een of ander stadium van jou hoërskool loopbaan. Kontak enige van ons per e-mail (sien profiles onderaan) ons hoor graag van julle!
Tuesday, April 15, 2008
My bynaam ...
is Kai (my familie noem my nog steeds so) en iemand (en dis waarskynlik Elsabe Harmse gewees) het dit by die huis gehoor en by die skool gaan oorvertel. My Pa noem my Katrina of Katryntjie, volg kat, katjie en dit het verkort na Kai. Met die een helfde van die familie wat ek nie mee praat nie en die ander helfde van die familie wat oorsee bly, noem omtrent niemand my meer so nie. Anders as Dries, raak ek nostalgies as iemand my so noem.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment