'n Kletsplek, 'n geselshoekie, 'n lekker gesellige kuierplek ... ons eie plekkie om kontak te hou en mekaar weer beter te leer ken. Kom lug 'n opinie, kom wees nuuskierig of kom loer sommer net in ... Nuwe lede is welkom, solank jy deel van ons klas was op een of ander stadium van jou hoërskool loopbaan. Kontak enige van ons per e-mail (sien profiles onderaan) ons hoor graag van julle!

Tuesday, April 8, 2008

Lekker....

....om weer van jou te hoor Dries. Ja dis was nogal 'n trip down memory lane om al die goed op daai DVD te sien, indrukwekkend om te sien hoe dinge verander het, van tegnologie, tot sport, tot ons kleredrag en natuurlik ons ligame ook!

Die wat 'n kopie wil he kan vir my hulle pos adresse mail, dan sal ek een aanstuur via die poskantoor. Moet net nie te veel spoed verwag met die aflewering nie! jacquesj@mailbox.co.za

Dries, so gepraat van byname. Miskien moet ons ons mede bloggers vra of hulle kan onthou waar al die byname hulle oorsprong gekry het. As ek reg onthou het jy joune gekry omdat jy jou eerste dag by die skool begin het met 'n blou oog?

Dan was daar "padda", "pyp", "tubby", "gans", ...... kom laat julle bietjie help. Ek weet my standard ses doopnaam was beetkop, gelukkig het dit my nie gevolg nie!

No comments: