Ek begin wonder waar die vervolgingswaansin vandaan kom en hoekom dit skielik "mis op Anna se stoep" dag is ... Vanaf Morrie tot Karen en even Dooms vat my aan :-) Gelukkig het ek mos darem 'n dik vel hehehe
Goed, goed, ek is bereid om weer die rol van Christopher Columbus te speel (wanneer die tyd my toelaat) en die google ding te ondersoek. Maar ja, teen die trant wat ek e-posse ontvang en stuur is ek redelik naar vir daardie medium ... en die blog voel tog vir my 'n bietjie meer inter-aktief as e-pos ... meen te se ... ek wag nou nog dat sekere mense moet respond op my uitnodiging na verlede jaar se reunie toe! En dis nogal lekker om so nou en dan in die "argief" te gaan grawe en te kyk wat die ouens vroeer hierdie jaar oor gesels het ... en of hulle by hulle beloftes / voornemens hou :-)
Nou ja, groete vir eers almal ... laat dit reen waar julle bokke wei!
'n Kletsplek, 'n geselshoekie, 'n lekker gesellige kuierplek ... ons eie plekkie om kontak te hou en mekaar weer beter te leer ken. Kom lug 'n opinie, kom wees nuuskierig of kom loer sommer net in ... Nuwe lede is welkom, solank jy deel van ons klas was op een of ander stadium van jou hoërskool loopbaan. Kontak enige van ons per e-mail (sien profiles onderaan) ons hoor graag van julle!
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment