'n Kletsplek, 'n geselshoekie, 'n lekker gesellige kuierplek ... ons eie plekkie om kontak te hou en mekaar weer beter te leer ken. Kom lug 'n opinie, kom wees nuuskierig of kom loer sommer net in ... Nuwe lede is welkom, solank jy deel van ons klas was op een of ander stadium van jou hoërskool loopbaan. Kontak enige van ons per e-mail (sien profiles onderaan) ons hoor graag van julle!

Monday, June 2, 2008

Netintergestremd!

Miskien is dit die probleem. Internetgestremdheid. Ek was vir baie lank rekenaargestremd. Het in my derde jaar op die PUK eers 'n ou DOS rekenaar aangesit en dadelik weer geshutdown omdat ek bang was iemand het gesien ek het die knoppie gedruk.

Miskien is dit die probleem...

Maar ons hoef nie probleemkinders te bly nie. Ons kan mos "uit die boks" dink soos die ou spreekwoord lui. Miskien moet ons net "uit die blog" ook dink.

Anne-Marie ondersoek bietjie die moontlikheid om 'n googlegroup te skep.

Dit beteken as jy 'n epos stuur, kry almal dit en as jy reageer kry almal dit. Dit is m.a.w. 'n groep wat bestaan uit al die "gewillige" deelnemers wat intyds e-posse ontvang en nie eers elke keer moet aanlog om die blog te view nie. Mooi man nou praat en lekker Engrikaans.

Ek het ongelukkig nie die tyd om so ding te administreer nie, alhoewel ek dit by ons vorige gemeente met groot vrug gebruik het as kommunikasiemiddel.

Ek hoop nie ek belas jou nou met onbenullighede nie, maar dalk gaan die reaksie hiermee verbeter.

Groete via die net
Ockie

No comments: