'n Kletsplek, 'n geselshoekie, 'n lekker gesellige kuierplek ... ons eie plekkie om kontak te hou en mekaar weer beter te leer ken. Kom lug 'n opinie, kom wees nuuskierig of kom loer sommer net in ... Nuwe lede is welkom, solank jy deel van ons klas was op een of ander stadium van jou hoërskool loopbaan. Kontak enige van ons per e-mail (sien profiles onderaan) ons hoor graag van julle!

Tuesday, June 3, 2008

Kom ons Raai Wie

Welkom terug mnr Struwig, skuus Dooms Struwig. Ek hoop jou verblyf in Delmas is heerlik en natuurlik jou verblyf op die blog ook. Miskien is 'n Matriek '87 Facebook groep meer interaktief as hierdie. Of miskien is ons net te ordentlik om te se wat ons dink, of miskein ken ons mekaar nie meer nie en daarom wil ons nie comment nie. As jy realisties daarna kyk weet ek oor 98% van julle slegs dit wat ek op skool geweet het en dit is nie noodwendig baie of enigsins meer relevant nie. Daar het darem 20 jaar intussen verloop, baie meer tyd as wat ons mekaar op skool geken het.

So dit is amper so goed soos om met 'n vreemdeling te praat hier, behalwe dat ek die naam ken natuurlik. En miskien is dit die rede waarom die interaksie stadig is, ons is nie almal so voor op die wa soos Anne-Marie om met elke tweede vreemdeling in die straat 'n gesprek aan te knoop nie, of soos Dooms wat MOET praat met vreemdelinge want dit word van hom verwag. Eintlik is julle twee bevoorreg, besef julle dit.

Ek en Karen is die stil teruggetrokke tipe wat nie maklik met vreemdelinge praat nie, en jy ook Dries - ne? Maar in elk geval, om terug te kom na die foto ding. Miskien moet jy al die fotos sonder koppe wys en dan kan ons raai wie is wie, wat dink jy Anne-Marie?

Nou ja, ek het nou eers genoeg gestir - alles natuurlik tong in die kies gese - so moet tog asb nie julle kuite wip nie!

Groete

No comments: