'n Kletsplek, 'n geselshoekie, 'n lekker gesellige kuierplek ... ons eie plekkie om kontak te hou en mekaar weer beter te leer ken. Kom lug 'n opinie, kom wees nuuskierig of kom loer sommer net in ... Nuwe lede is welkom, solank jy deel van ons klas was op een of ander stadium van jou hoërskool loopbaan. Kontak enige van ons per e-mail (sien profiles onderaan) ons hoor graag van julle!

Wednesday, June 4, 2008

Om te wip of nie te wip nie ...

Dis nou die vraag ... wil my toe amper gruwelik vererg omdat jy Jacques, durf waag om my voor op die wa te noem. Besef toe dat dit eintlik glad nie 'n onrealistiese opvatting is nie en klim toe maar weer spoedig van my perd af . Die beste is dat ek nogal my brood en botter verdien met hierdie voor op die wa mentaliteit van my ... ek weet net nie aldag of my kliente dit so positief ervaar nie :-)

Kyk, ek het nou al van spekskiet gehoor, maar Jacques, van gooi met die hele vark en die hoender ruk tot so 'n ernstige graad het ek lanklaas teegekom! Jy en Karen BESADIG? Nee hoor, dit het my meer geskok as Morne se openbaring oor sy seksuele voorkeure :-) Met permissie gese, Morne my skat!

Ockie, ek sal kyk hoe ek hierdie google-bedryf wat jy voorgestel het kan ondersoek ... my kommer is net dat ek dalk gaan opeindig met soveel e-posse dat ek nooit by werk gaan uitkom nie :-) Jacques, ek hou van jou idee van Facebook ook ... het self aan daardie opsie gedink. Sal beide opsies ondersoek en op 'n latere geleentheid terugkom na julle almal toe.

O ja, Ockie ... ek wonder nou net wat jou laat dink dat EK die tyd het om hierdie tipe goed te administreer? Net omdat ek baie praat beteken dit nie ek het niks om te doen nie :-)

Nou ja, groete van huis tot huis en mag die voorspoed julle verveel ...

1 comment:

Morne M Gallowitz said...

Anna my engel, jy kan mos nou so blatant na my verwys in skrewe nie, en dit nogal as dit gaan oor openbaringe en skokke... .dis net ongelooflik interessant dat daar nie meer kontroversie in skrewe, of andersins, opgeduik het oor my briefie, maar hel almal het geweet ek is eintlik van die derde geslag.... In my geval het ek vrede gemaak met my seen en die lewe voluit in die oe gekyk, die bul by die horings gepak en my ding gedoen.... Ander was nie so gelukkig nie!!! Julle praat van fotos stuur en kyk, wel, daar is ene op facebook en Jacques, jy praat van n lyf foto wat ons moet stuur sonder die gesig en dan moet ons raaiii! Herder, jy jy noual ghoas en hofsake sien rond fladder met al wat mens is was hulle naam en ere gestel wil he nader hulle verkeerderlik benoem is... Ek sal in iedergeval almal die moeite spaar; sou iemand soos n 'beached whale' lyk, dit sou ek wees maar wees versigtig, eks n killer whale... Somerset is nogsteeds n onlooflike mooi plek en dit gaan baie goed hier.. besigheid groei teen rasseskrede en in dankbaarheid kruip ek elke aand in my bed... LIFE IS SO GOOD... Oja, en Dooms, ken jy vir Terblanche Jordaan van Kaapstad.. ek is in sy geneemte, Kruiskerk, wat n ongelooflike prediker!So, dis eers genoeg van die kant af, groete aan almal en waardeer die klein dinge!!!