... as ek na die oorweldigende reaksie op die kletswerf kyk, lyk dit vir my (Anne-Marie) het bloging omtrent dieselfde resultate as om 'n tweejarige te probeer pap voer (as hy nie honger is nie) ... tot die eerste twee dreigemente stadig maar seker begin vassteek in sy geheue en hy onthou dat die laaste keer toe jy tot drie getel het, het sy boude gebrand.
Miskien moet jy begin tel ... of dreig ...
... of 'n prys op die spel plaas (die wêreld draai mos deesdae rondom "WIFM" oftewel, "whats in it for me").
Ek en Sanette woon in Hoedspruit nefens die KNP tussen Nelspruit en Tzaneen. Ons het drie knapies: Ockert (9), Duter (6) en Jhonder (3). Ek is predikant van die Gereformeerde Kerk Hoedspruit, die afgelope 3 jaar (Dit is ons eerste gemeente). Hier geniet ons elke dag die seëninge van ons Hemelse Vader.
Ons kamp graag in die omgewing, veral die Wiltuin trek ons gereeld (terloops, dit is waar die aapfoto van my geneem is).
Soos julle dalk weet is die Laeveld nie baie warm nie - dit is vrek warm. Ons drink water tot dit by ons ore uitloop. Vrydae-aande maak ek hardekoolvuur en sorg dat daar ten minste een yskoue bier in die yskas is.
Soos julle seker weet, werk die dominees net een dag in die week, die ander tye hou ek my sommer besig met ... bemiddeling, hartseer, huwelikke, huisbesoeke, preekmaak, raad gee, rondry, siekes, vergaderings, versoeningswerk ... maar glo my die genade is groot!
Jacques ek het noudie dag gedink, 'n mens moet seker nie te veel dink voor jy hier op die kletswerf iets neerpen nie, sommige mense dink heeltemal te veel en ander heeltemal te min. Sommige dink wat ander mense dink en dan dink hulle self aan niks of iets as jy nou verstaan wat ek dink. Soms kry jy ander wat dink oor wat jy dalk dink sonder dat jy daaraan gedink het en dan spat die vonke, want hoekom dink jy nie soos hulle gedink het jy dink nie. Eish... ek kry nogal baie hiermee te doen.
Ek dink ek moet nou eers klaar maak vir die week.
Groete, mag julle elkeen hierdie week emmers vol liefde en geduld en vrede en vriendelikheid van Bo ontvang en deel dit asseblief tog uit - Hy gee in oorvloed ... en daar is nog baie!
Ockie
'n Kletsplek, 'n geselshoekie, 'n lekker gesellige kuierplek ... ons eie plekkie om kontak te hou en mekaar weer beter te leer ken. Kom lug 'n opinie, kom wees nuuskierig of kom loer sommer net in ... Nuwe lede is welkom, solank jy deel van ons klas was op een of ander stadium van jou hoërskool loopbaan. Kontak enige van ons per e-mail (sien profiles onderaan) ons hoor graag van julle!
Thursday, January 17, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Blog Archive
-
▼
2008
(62)
-
▼
January
(15)
- Dit moet julle sien!
- Ja Swaer ...
- Blogging? Kletswerk?
- Nog 'n vis
- Dis 20 jaar later ...
- Eerste vis aan die hoek ...
- Lyk my......
- Wat om te se
- 'n Warm gevoelente ...
- HALLO JULLE ALMAL. DIE LEWE GAAN AAN EN 2008 IS AL...
- Fotos et al.
- Dagsê
- Ha dit het gewerk. Kies "New Post" en as jy klaar...
- Eers wil ek net sê (hel het ek gesukkel om die e m...
- Ons probeer iets nuut ...
-
▼
January
(15)
No comments:
Post a Comment