'n Kletsplek, 'n geselshoekie, 'n lekker gesellige kuierplek ... ons eie plekkie om kontak te hou en mekaar weer beter te leer ken. Kom lug 'n opinie, kom wees nuuskierig of kom loer sommer net in ... Nuwe lede is welkom, solank jy deel van ons klas was op een of ander stadium van jou hoërskool loopbaan. Kontak enige van ons per e-mail (sien profiles onderaan) ons hoor graag van julle!

Wednesday, January 9, 2008

Lyk my......

......asof een van twee goed gebeur het. Of my mede bloggers het my post verkeerd verstaan of almal is so vrek besig om ander goed te doen dat hulle nog nie iets geskryf het.

Ek wil dit net amptelik op rekord plaas dat my vorige post nie enigsins negatief bedoel is nie, maar slegs 'n poging was om ook iets te skryf. As ek dus iemand in die proses afgeskrik het om ook te skryf is ek baie jammer. Ek sal baie graag wil sien wat almal skryf en dit sal heerlik wees om mekaar weer beter te leer ken.

So kom ek forseer julle om te reageer - en laat een van julle wat se naam op die blog is nou nie reageer nie!!!! Ek sit vir Christopher op julle, julle het gesien sy vat geen nonsens toe sy die reunie gereel het nie.

Antwoord asb die volgende vrae vir ons almal se kennisname (of vermaak)
  1. Huwelik status
  2. Kinders (waarvan jy weet)
  3. Huidige plek van habitasie
  4. Hoe verdien jy jou geld, maw wat doen jy om die ekonomie te bevorder (nie job title)
  5. Gunsteling drankie
  6. Gunsteling kos
  7. Hoof mikpunt vir die jaar

Die een wat al 7 reg antwoord kan die volgende speletjie uitdink!

No comments: