'n Kletsplek, 'n geselshoekie, 'n lekker gesellige kuierplek ... ons eie plekkie om kontak te hou en mekaar weer beter te leer ken. Kom lug 'n opinie, kom wees nuuskierig of kom loer sommer net in ... Nuwe lede is welkom, solank jy deel van ons klas was op een of ander stadium van jou hoërskool loopbaan. Kontak enige van ons per e-mail (sien profiles onderaan) ons hoor graag van julle!

Monday, January 7, 2008

Eers wil ek net sê (hel het ek gesukkel om die e met die kappie te kry) : Wel gedaan Christopher!! Ek dink dit is 'n puik forum om te poog om kontak te hou en net so dan en wan te check wat gaan in ons klas se lewens aan.

Ek wil julle, my medeklasgenote, tog aanspoor om nie toe te laat dat Anne-Mare se tyd tot vermorsing gaan nie en julle met entoesiasme by hierdie projek aansluit. Begin asb deur julle profiele op te dateer. Ek het net deur na die 2 wat beskikbaar is te kyk besef my musiek smaak is onder verdenking. Ek gaan bietjie nadink en dit verander. En sommer ook beter boeke soek om te lees.

Ek het 'n rukkie terug besluit om aan die einde van elke jaar die jaar in oënskou te neem. Hierdie jaar het met so 'n spoed tot einde gekom dit het herhinder aan iets soos Lewis Hamilton se Japanese Grand Prix. Daar was nie eers tyd vir 'n laas ronde om die baan nie. Maar ek dink ek is bietjie teleurgesteld met myself. Ek het min van die dinge gedoen wat ek my voorgeneem het en toegelaat dat ek meegesleur geraak het in die rat race. En 'n slim ou het gesê: "If you are part of the rat race, you are a rat." En ek willie weesie.

Julle weet die wêreldwye lewensverwagting vir vrouens is 79. Dit beteken ons is amptelik middeljarig. In Desember het ek 'n kollega se troue bygewoon. Dit was vir my 'n emosionele ervaring. Ek kan ook nie meer Stille Nag sing sonder om te huil nie. Nog 'n sign. Die klok tik.

My slogun vir hierdie jaar het ek gesteel by Oom Isak: Psalm 119:37 - "Weerhou my van 'n nuttelose lewe, laat my leef op die weg wat U aanwys." En ek dink dis basies my voorneme vir hierdie jaar. Jy is reg Christopher - knieknoppe na onder.

Mag 2008 vir julle vrede en vreugde inhou en mag die genade en liefde van God julle omvou hierdie jaar.

No comments: