'n Kletsplek, 'n geselshoekie, 'n lekker gesellige kuierplek ... ons eie plekkie om kontak te hou en mekaar weer beter te leer ken. Kom lug 'n opinie, kom wees nuuskierig of kom loer sommer net in ... Nuwe lede is welkom, solank jy deel van ons klas was op een of ander stadium van jou hoërskool loopbaan. Kontak enige van ons per e-mail (sien profiles onderaan) ons hoor graag van julle!

Friday, January 4, 2008

Ons probeer iets nuut ...

Sjoe, tegnologie is darem 'n wonderlike ding!

Hier kry ek toe nou 'n brainwave en probeer iets nuut om met almal kontak te hou, en nou ja ... ek hoop hierdie ding werk anders het ek nou lekker tyd gemors :-)

Ek dink 'n blog is die ideale platform om ons almal op hoogte te hou van wat aangaan (met onsself, ons maatjies of sommer net in die algemeen). As ek nou nie verkeerd is nie, kan ons tot fototjies en goeters ook hier opsit ... daardie opsie sal ek maar op 'n latere stadium "explore" ... noem my sommer Christopher Columbus hehehe

Nou ja, hier's my uitnodiging na alle Hoërskool Kathu 1987 Matrieks om so nou en dan te kom kuier en 'n geselsie aan te knoop. Sien uit daarna om julle so in die rondte te sien!

O ja ... seënwense vir 'n fantastiese 2008 en al die wonderlike dinge wat dit ons kan bring. Rig jou hoof na bo en jou knieknoppe na onder!

1 comment:

maria said...

Hi Almal,

Hoop die Kerstyd was baie geseende en dat julle woema het vir 2008. Ek was so gelukkig om vir Lieschen in Port Nolloth (@ die Weskus) raak te loop. Was dit nou lekker!!

Anne-Marie, soos gewoonlik is jy 'n ou doring. Hoop ons gaan lekker kuier.

Mooi bly en groete hier uit 'n warm Kathu!!!

Maria