'n Kletsplek, 'n geselshoekie, 'n lekker gesellige kuierplek ... ons eie plekkie om kontak te hou en mekaar weer beter te leer ken. Kom lug 'n opinie, kom wees nuuskierig of kom loer sommer net in ... Nuwe lede is welkom, solank jy deel van ons klas was op een of ander stadium van jou hoërskool loopbaan. Kontak enige van ons per e-mail (sien profiles onderaan) ons hoor graag van julle!

Wednesday, January 9, 2008

Eerste vis aan die hoek ...

Kyk, as daar nou een ding is wat NIE van Christopher gesê kan word nie, is dit dat hy 'n bang-gat is :-) So hier is ek in volle glorie en ek speel tog te lekker saam ... dit het nou wel 'n rukkie geneem, maar ai man Jacques, soms het ek mos darem werk ook om te doen. Tussen reunie reëlings en blogging moet ek maar miskien my drome laat vaar vir 'n uitvoerende posisie hehe.

Anyway ...

Huwelikstatus: Ongetroud, want die man wat my wil hê is mal en 'n mal man wil ek tog nie hê nie. Hoewel, Liefie werk darem baie hard om my andersins te oortuig en ek hou julle op hoogte van my status :-) Sien, nog 'n rede hoekom julle gereeld moet kom kuier!
Kinders: Dieselfde reël geld as hierbo
Huidig plek van habitasie: Kaapstad, maar ai! my hart bloei om terug te gaan Kalahari toe.
Geld: Ek het tot die besef gekom dat ek nooit Bill Gates of Richard Branson sal wees nie, en daarmee saam dus nie die elende van al die honger kinders kan verlig nie. In die praktyk is ek iemand wat heeldag ander se klagtes moet aanhoor en uitsorteer, maar in werklikheid vyl ek heeldag my naels en gesels op die internet.
Gunsteling drankie: Ek is maar 'n rooiwyn-vlieg, geniet 'n 1995 Beyerskloof Pinotage sonder om te blik of te bloos. Maar koffie is ook nogal lekker ... wel, eintlik Cuppucino ...
Gunsteling kos: As dit kaas in het is ek happy ...
Hoof mikpunt vir die jaar: Om te kan terugkyk en sê "Wow, kyk hoe vêr het ek gekom!"

Nou ja, genoeg van my ... kom ons kyk wat gorrel die ander en dan werk ek solank aan ons volgende speletjie.

1 comment:

Anonymous said...

Daarsy, nog n vis in die 1987 Matriek dam. Liewe genade Anne-Mare en Karin, as ek so kyk na die tye wanneer julle post kan ek sien dat julle nie n generasie gebou het en agter hul kyk nie. Ek is jammer ek het beide reunies mis geloop, maar dis vir my woes lekker om weer kontak te maak en te kan hê met almal. Die van julle wat profiles op die blog het, sit maar n ou foto by dat ek darem kan sien met wie ek gesels. Okkie ek weet nou nie van daai een van jou nie. Laas toe ek wat ek kan onthou . . . . Met die wat ons as ouers "a step ahead" moet wees met die amper tieners, is mamma ook op mxit en moes ek ook n draai gaan maak het op Facebook. Het daar vir Herman en Elizna van Zyl raak geloop. Nou ja, dis vereers al van my, anners as sommige van julle werk ek vir n lewe. Mooi bly en dan chat ons later weer.