'n Kletsplek, 'n geselshoekie, 'n lekker gesellige kuierplek ... ons eie plekkie om kontak te hou en mekaar weer beter te leer ken. Kom lug 'n opinie, kom wees nuuskierig of kom loer sommer net in ... Nuwe lede is welkom, solank jy deel van ons klas was op een of ander stadium van jou hoërskool loopbaan. Kontak enige van ons per e-mail (sien profiles onderaan) ons hoor graag van julle!

Tuesday, January 8, 2008

Wat om te se

Ek sit en dink nou al van Vrydag af oor wat mens moontlik kan skryf op die blog. Mens kan seker heeltemal laf wees en 'n paar grappies deel, of mens kan oor die dieper dinge van die lewe filosofeer vir 'n paar ure. of mens kan simpatieseer met die middeljariges wat besig is om alleen oud te word.

Die waarheid van die saak is is dat dit vrek moelik is om met "iemand" op
n blog te gesels wat jynie regtig ken nie, alhoewel jy 20 jaar terug saam op skool was. Die gesprek kan basies net bestaan uit "Hallo hoe gaan dit", "Wat doen jy vir 'n lewe", Hoeveel kinders het jy", "Waar bly jy". Nadat hierdie vrae in 34.5 sekondes geantwoord is het jy niks meer sinvol om oor te praat nie en begin jy ongemaklik rondkyk vir iets sinvols om te se.

So is dit anders op die blog? Ons ken mekaar beswaarlik en tensy Karen en Christopher (goeie naam Karen) vir ons vir ure vermaak met hulle nuutgevonde liefdes sal ek graag wil sien waar na toe hierdie blog gaan. Ek is uiters positief oor die vooruitsigte, sal graag wil hoor hoe dit met almal gaan en wat julle van die lewe dink ens. Christopher, miskien moet jy die blog se inhoud kopie reg op sit, mens weet nooit watter wyshede hier kwytgeraak mag word nie en dan word iemand anders ryk uit ons gedagtes.

So julle kan sien dit is eintlik baie eenvoudig om iets te skryf sonder om iets te se, ek het sopas dit bewys met 3 paragrawe se onsin!

Groete

No comments: