'n Kletsplek, 'n geselshoekie, 'n lekker gesellige kuierplek ... ons eie plekkie om kontak te hou en mekaar weer beter te leer ken. Kom lug 'n opinie, kom wees nuuskierig of kom loer sommer net in ... Nuwe lede is welkom, solank jy deel van ons klas was op een of ander stadium van jou hoërskool loopbaan. Kontak enige van ons per e-mail (sien profiles onderaan) ons hoor graag van julle!

Tuesday, January 8, 2008

'n Warm gevoelente ...

Nee man, die warm gevoelente waarvan ek praat, sit hier reg onder my hart! Pink ek toe nou amper 'n traan weg toe ek sien dat daar wel iets aan't gebeure is met hierdie baba van my :-) Ai mense, dis darem pure lekkerte!

Ek sal dalk genoodsaak wees om vir 'n paar dae te verdwyn ... nadat Karen nou so ydelik gepraat het van MIDDELJARIG het ek 'n paar issues om te gaan verwerk. Maar as ek nou mooi gaan dink oor die hele situasie, is dit dalk nie so verregaande nie ... miskien skort daar niks met Karen se musiek & lees smaak nie ... miskien is dit net 'n kwessie dat ons ander haar dalk net vooruit is in die aftree & rustigword fase :-) Dink hoeka al wat ek nog kort is daai pondokkie by die see met 'n rocking chair en gister se koerant.

Het eers gedag daar is nou iets vreeslik verkeerd met hierdie blogspot van ons ... waar op dees aarde kom die aap vandaan ... en waar het Ockie daai foto van my gekry ;-) Nou ja, dankie Ockie, vir 'n eye opener ... ek reken dit het ook alles te doen met die middeljare wanneer jy jouself in diere begin sien.

Nou ja, ek wil nou nie hierdie forum heeltemal op my eie oorvat nie, so laat ek maar eers ook tot groet kom ...

Tot wederom maters!

No comments: