Ockie, ek stem saam, maar ek dink ons moet byvoeg dat ons die kleintjie met 'n VURK probeer pap voer! My oupa Koos het op 'n stadium gedreig om sy jellie & custard met 'n vurk te eet omdat my ouma vergeet het om vir hom 'n lepel te dek ... nodeloos om te sê, dit was nie baie effektief nie. Met 'n tekort aan vermaak in my en Karen se liefdeslewens (met respek Jacques:-), sal ons dan nou 'n alternatief moet bedink om weer 'n bietjie klets uit te lok.
Nou ja, die lewe is darem ernstig genoeg, so kom ons speel 'n nuwe variëteit van "wie is jy en wat maak jy nou". Kom speel saam ... verkieslik met 'n tong in die kies en 'n giggel in jou hart:
- As jy 'n inkleurkryt was, watter kleur sou jy wees?
- Wat is jou gunsteling reuk?
- Scary flieks of gelukkige eindes?
- Drukkies of soentjies?
- As jy deel van die diereryk was, watter dier sou jy wees en hoekom?
- Vertel ons van een irriterende / swak gewoonte wat jy het ... (meeste van ons het DEFNITIEF nie meer as een nie :-)
As ek nou 'n voorstel kan maak ... kies "comment" vir jou antwoorde ... dan hou dit alles bymekaar op die onderwerp ... hehe ... praat van irriterende gewoontes :-)
Nou ja toe mede-bloggers, TRUTH or DARE?
1 comment:
Inkleurkryt ... 'n GELE! En nee, geel is glad nie my gunsteling kleur nie, daar's net iets aan 'n geel inkleurkryt ...
Gunsteling reuk ... As dit klaar gereën het ... of as die gras net klaar gesny is.
Gelukkige eindes, maar as liefie naby is Scary movies!
Drukkies EN soentjies ... en baie daarvan :-)
Die diereryk ... 'n Leeuwyfie ... 'n ysere wil, 'n warm hart, 'n beskermer van die swakkeres, 'n versorger ... en nee, die jagter is nie deel van die rede nie :-)
Swak gewoontes ... Wel, behalwe dat ek nogal 'n bietjie van 'n "control freak is" ... ek pak NOOIT my skoene weg as ek hulle uittrek nie.
Post a Comment